Bybel vrae

As almal reg kan onthou moes ons almal vrae uit die Bybel bymekaarmaak. As almal hulle vrae hier op die webblad wil los as “comments” van hierdie hoof bladsy kan ek die hele lot uitdruk wanneer ons besluit het dat ons genoeg het. As ek dalk ‘n formaat vir die vrae en antwoorde kan voorstel sal dit goed wees as almal se bydrae soos volg kan lyk:

  1. Vraag
    Antwoord — (Verwysing in die Bybel bv. Lukas 3:1-12)
  2. Nog ‘n vraag
    Antwoord — (Verwysing)
  3. Ens.

Moet nie te veel bekommerd wees oor die bold en italics nie. Solank dit net maklik is om na die tyd almal se bydrae bymekaar te maak en saam te voeg kan dit maar in enige formaat wees.

En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. (Handelinge 17:11)

Responses

  1. 1. Wie was die eerste rigter?
    Otniël — (Rigters 3:5-11)

    2. Die rigter Ehud het ‘n spesiale eienskap gehad wat hom in staat gestel het om ‘n swaard by die Koning se wagte verby te smokkel. Wat was dit?
    Hy was links gewees en kon toe sy swaard skede
    aan sy regter heup wegsteek. — (Rigters 3:12-31)

    3. Watter profetes was Israel se enigste vroulike rigter?
    Debora — (Rigters 4)

    4. Watter teken het Gideon van God gevra as bewys dat God hom oorwinning oor die Midianiete sal gee?
    Gideon het ‘n wolvlies op die dorsvloer neergelê en gewag tot die volgende oggend. As die oggend se dou net die wolvlies nat gemaak het terwyl daar oral anders net droë grond is, dan is dit die teken dat God hom oorwinning sal gee. — (Rigters 6:36-40)

    5. Wat het Gideon in die kamp van die midianiete gehoor wat hom versterk het terwyl hy in die nag op hulle gespioeneer het?
    Hy het gehoor hoe een soldaat vir ‘n ander vertel van sy droom waarin hy sien hoe een van die kamp se tente onderstebo geslaan word deur ‘n hard gebakte garsbrood wat deur die kamp rol. — (Rigters 7:9-15)

  2. 6. Wat is n ander naam vir n dissipel?

    Apostel. – (Lukas 6:13)

    7. Hoeveel dissipels het Jesus uitverkies?

    Twaalf(12). – (Lukas 6:13)

    8. Noem die twaalf disspels.

    *Simon-Petrus
    *Andreas
    *Jacobus
    *Johannes
    *Filippus
    *Bartolomeus
    *Mattheus
    *Tomas
    *Jakobus seun van Alfeus
    *Simon die seloot
    *Judas seun van Jakobus
    *Judas Iskariot. – (Lukas 6:14-16)

    9. Wie van die dissipels was broers?

    Simon-Petrus en Andreas. – (Lukas 6:14)

    10.Watter een van die disspels het Jesus later
    verraai?

    Judas Iskariot. – (Lukas 6:16)

    11.Wat het Jesus gedoen die aand voordat Hy
    sy dissipels uitverkies het?

    Hy het op die berg gaan bid tot God.
    – (Lukas 6:12)

  3. 12.Wat veroorsaak dat God Hom nie steur of luister na ons nie?

    Die sonde wat ons doen. – (Jesaja 59:2)

  4. waar in die bybel staan geskryf laat jou saad nie val op die grond nie maar eerder in die buik van n hoer

    • Ek is seker dat dit nêrens so in dei Bybel staan nie aangesien dit verseker teenstrydig is met die res daarvan. Ek vermoed jy verwys na die storie van Onan wat vir sy broer wat dood was ‘n nageslag moes gee deur sy broer se vrou Tamar. Hierdie was een van die bevele wat God vir sy volk gegee het dat wanneer ‘n vrou se man dood gaan sy die vrou van die man se broer moes word. Onan wou egter nie vir sy broer ‘n nageslag los nie en het sy saad op die grond laat val. Hierdie ongehoorsaamheid is wat die Here nie behaag het nie en die Here het Onan laat sterf daaroor. Onan se sonde was ongehoorsaamheid om nie vir sy broer ‘n nageslag te gee nie en die saad wat hy op die grond laat van het was maar net die manier waarop hy dit gedoen het. En weet rêrig nie waar die “maar eerder in die buik van ‘n hoer” vandaan kom nie. Tamar was verseker nie ‘n hoer nie. Lees verder hiervan in Gen 38:6-10.

  5. ook varkvleis is onrein jy mag nie vark eet nie

    • Varkvleis was onrein gewees vir die Israeliete in die woestyn. Met die koms van Jesus is verlossing gegee aan alle mense nie net die volk van die Here nie. Jesus het die ou wet van Moses kom vervul en het die nuwe wet opgesom met die woorde “Jy moet die Here jou God lief hê met jou hele hart en jou hele siel en jou hele verstand. En jy moet jou naaste lief hê soos jouself.” (Mat 22.37-40). Net soos Paulus verduidelik het dat die nuwe Christene nie besny hoef te word nie kon hulle ook varkvleis geëet het (Rom 2-4).

  6. In levitikus 15 ga dit oor geslagsgemeenskap staan da iewers ini bybel in di nuwe testament we its da or?

    • Die gedeelte in Levitikus handel oor wette van reinheid en onreinheid. Dit is van toepassing op ou testamentiese Israeliete en nie op die nuwe testamentiese kerk nie. Na die dood en opstanding van Jesus is dit nie nodig om diere te offer vir reinheid nie aangesien Jesus die volmaakte offer is wat eens en vir altyd alle sonde reinig met sy bloed. Dus word daar nie in die nuwe testament van die kerk verwag om vol te hou met hierdie wette nie.

  7. Middag, waarna ek eintlik opsoek is, is a website waar ek vrae kan antwoord dit invul en weer terug kan stuur, dit sal ook goed wees as iemand dit kan merk of ‘n opinie kan gee

    • Dit klink goed maar ek weet nie van so iets in Afrikaans nie. Jy sal maar een moet skep.

  8. in verband met vraag en antwoord op : ” ook varkvleis is onrein jymag dit nie eet nie”

    Ek stem nie saam met die antwoord nie, Matt 5 : “Moenie dink dat ek gekom het om die wet of die profete to ontbind nie. ek het nie gekom om te onbind nie maar om te VERVUL ” ons kan glad nie se die ou testament is uotgeskakel nie. :
    Mat 19:17 “En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie” en laastens verlossing is sleg vir Isreal, Mat 15:24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel”. so ook openbaring verduidelik dat die nuwe Jerusalem hoe mure het met 12 poorte en daarop geskrywe die name van die 12 stamme van die huis van Israel. Openbaring 21:21

  9. my vorige skrywe is openbaring 21 :12


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: